Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 10 VAN 29

Lees: Eksodus 20:1-17; Matteus 22:36-40

SOAP: Matteus 22:36-40

“Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?” Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’ Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”

Oordenking

In Eksodus 20 ontvang Moses die twee tafels waarop die wet met die vinger van God geskryf was. Dit was nie nuwe wette nie. Moord, steel, lieg en oneerbied teenoor God was nog altyd verkeerd. Maar nou is dit opgeskryf.

Baie, baie jare later kom ons by ‘n toneel waar die Joodse leiers weereens probeer om Jesus uit te lok om iets te sê waarvoor hulle hom kon arresteer. Hulle wou weet watter gebooie die belangrikste is. Jesus se antwoord is perfek omdat dit al die gebooie insluit. Toe Hy gesê het ons moet die Here met ons hele hart, siel en verstand liefhê, het Hy verwys na die eerste vier gebooie van Eksodus 20. En toe Hy sê ons moet ons naaste liefhê soos onsself, het Hy verwys na die laaste ses gebooie. 

Al tien gebooie is belangrik omdat dit God se morele wet is wat relevant is vir alle mense te alle tye. Deur hulle te onderhou, het ons God en ons naaste lief. 

Gebed

Here, help ons om u wet lief te hê. Dit is goed en volmaak en reg, en deur dit te onderhou betoon ons liefde aan U en diegene rondom ons. Gee aan ons ‘n begeerte en laat ons daaroor bly wees om te doen wat reg is. Amen. 

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com