Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 12 VAN 29

Lees: Eksodus 31:12-17; Markus 2:23-3:6

SOAP: Markus 2:27-28

Jesus het verder vir hulle gesê: “Die sabbatdag is vir die mens gemaak en nie die mens vir die sabbatdag nie. Daarom is die Seun van die mens Here óók oor die sabbat.”

Oordenking

Die idee van ‘n Sabbat is sedert die begintye bekend. Vir ses dae het die Here geskep en toe op die sewende dag het Hy gerus. Hy het die praktyk van die Sabbat ingesluit by die wet op Berg Sinai. God het vir Moses gesê om met die volk te praat oor die belangrikheid daarvan om die Sabbat te onderhou. Teen die tyd dat Jesus gekom het, het die godsdienstige leiers ‘n hoop strawwe reëls vir die Sabbat ingestel, wat nie was wat God oorspronklik gesê het nie. Jesus het sy dissipels daaraan herinner dat die Sabbat nie uitgedien was nie, maar dat dit nie ‘n las moes wees nie omdat dit tot ons voordeel ingestel was. 

As ons ‘n rusdag in ons week hou, volg ons God na en gee ons liggaam en verstand ‘n dag om te rus sodat ons weer kan doen waartoe God ons geroep het. Hierdie verbond dui vir ons op ‘n dag wanneer ons ‘n ewige Sabbatsrus ingaan. Sabbat sal vir ewig duur. Ons sal rus hê van kwaad en sonde, van kommer en sorge, van swaarkry en verdriet. Ons sal ewige rus vind wanneer ons by God in sy stad woon en dit sal glorieryk wees.

Gebed

Here, U het ons gemaak en U weet hoe ons die beste funksioneer. Ons liggame en verstand het rus nodig, en daarom het U vir ons die Sabbat gegee. Help ons om daarvoor lief te wees om ‘n Sabbatdag te onderhou om op U te fokus, by ons gesinne te wees en ons liggame te laat rus sodat ons die goeie werk waartoe U ons geroep het, kan voortsit. Help ons ook om te onthou dat ons Sabbatdae hier op aarde heenwys na ‘n veel groter Sabbat wat ons eendag sal beleef wanneer ons U van aangesig tot aangesig sien.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com