Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 29 VAN 29

Oordenkingsvrae:

1. Hoe het Sagaria se vraag aan die engel verskil van Maria s’n? Waarom was Sagaria se vraag 'n uitdrukking van sy ongeloof?

2. Wat dink jy moes Elisabet ervaar toe sy uitgevind het dat sy swanger was? Hoe sou jy gereageer het? Waarom was dit 'n belangrike antwoord op gebed vir Elisabet?

3. God het Maria baie bemoedig deur haar vriendskap met Elisabet. Op watter maniere het God jou hierdie seisoen bemoedig? Watter dinge het Hy vir jou gedoen om die diepte van sy liefde en omgee vir jou te wys?

4. Wat het hierdie jaar vir jou die meeste uitgestaan in die Kersverhaal? Wat leer God jou in hierdie seisoen deur sy Woord?

5. Hoe kan jy God hierdie Kerstyd loof soos die herders dit gedoen het? Hoe kan jy hierdie houding van ontsag en lof aan God in jou alledaagse lewe bring?

Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com