Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 28 VAN 29

Lees: Lukas:1-21

SOAP: Lukas 2:10-11

En die engel sê vir hulle, “Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here is.”

Oordenking

Daar is ‘n paar kreatiewe maniere waarop mense die geboorte van hulle babas aankondig, maar niks is beter as die aankondiging van die geboorte van Jesus nie. ‘n Engel verskyn aan ‘n paar herders om te vertel dat die Redder gebore is. Die Seun van God is hier! 

Dan begin ‘n groot engelkoor sing en God te loof. Dit is ‘n ongelooflike en unieke geboorte-aankondiging. Die lang tyd van wag het tot ‘n einde gekom. Al die beloftes wat God gemaak het oor iemand wat sou kom om die mensdom te herstel, wat dinge sou regstel, wat gebrokenheid sou verlos, is vervul. Hierdie Advent tyd is verby. Jesus is hier. 

Dit is maklik om gewoond te raak aan die verhaal van die geboorte van Jesus dat dit ons nie meer aanraak nie. As ons kyk hoe God noukeurig gewerk het vanaf die tyd van Adam en Eva se ongehoorsaamheid, deur Abraham, Moses, Noag, Jesaja en vele ander om ons na daardie klein stal in Betlehem te bring, waar ‘n jong gewone egpaar die Seun van God verwelkom het in hul arms, miskien sal dit help om ons tot lof en danksegging te bring.

Ons is gered omdat God beloftes gemaak en nagekom het. Ons kan hoop hê want hierdie baba sal grootword, ‘n perfekte lewe lei, verraai word en ‘n aaklige dood sterf vir ons. Maar die verhaal eindig nie daar nie. Die eerste Advent is verby, maar ons bevind ons nou in ‘n tweede Advent waar ons op die wederkoms van Jesus wag. Weereens het God aan Sy volk beloftes gemaak en ons kan seker wees dat Hy dit sal nakom. 

Gebed

Here, die Kerstyd kan vir ons ‘n heerlike en opwindende tyd wees, sowel as ‘n moeilike en hartseer tyd. Help ons om die regte perspektief te hê deur te fokus op waarom ons in die eerste plek Kersfees vier. Dit is ‘n viering van al die beloftes wat U gemaak het en nagekom het deur die wêreld voor te berei op die koms van die Messias. Gee ons hoop, terwyl ons wag vir Jesus se wederkoms. Kom vinnig, Here. Kom vinnig. 

Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com