Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 27 VAN 29

Lees: Lukas 1:57-80

SOAP: Lukas 1:68; 72-73a

“Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het Sy volk in genade opgesoek en vir hulle verlossing bewerk. Om barmhartigheid te bewys aan ons vaders en aan sy heilige verbond te dink, aan die eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee.”

Oordenking

Sagaria beteken “God het weer onthou.” God het verseker sy belofte aan Sagaria nagekom! Nadat sy babaseuntjie benoem is, is Sagaria se spraak herstel en het hy die Here onmiddellik begin aanbid. 

Net soos Maria, was Sagaria gevul met danksegging en lofprysing met die geboorte van sy seun. Sy “lied” soos sommige dit noem, is anders, want dit is ook ‘n profesie. Hy het die mense rondom hom herinner dat God Sy beloftes nakom. 

Abraham was nie meer daar nie en tog het God die belofte wat Hy aan Abraham gemaak het, nie vergeet nie. Adam en Eva het nie meer gelewe nie en tog het God nie sy belofte vergeet dat iemand sou kom wat die kop van die slang sou verpletter nie. Die tyd het amper aangebreek. Daar sou ‘n baba gebore word wat sy volk sou red en Sagaria se babaseuntjie sou die een wees wat die weg vir hierdie Messias sou voorberei.

Die laaste stuk van hierdie wonderlike verhaal was op die punt om in plek te val. 

Gebed

Here, help ons om ‘n dankbare hart te hê, maak nie saak wat ons deurgaan nie. Ons het baie om voor dankbaar te wees. U het beloftes vanaf Adam en Eva se tyd gemaak en elkeen nagekom. Help ons om in verwondering na u verlossingsplan te kyk soos ons dit regdeur die Skrif sien afspeel. U is ‘n goeie God. Dankie. Amen. 

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com