Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 26 VAN 29

Lees: Lukas 1:39-56

SOAP: Lukas 1:46-50

En Maria het gesê: “Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God, my Verlosser, omdat Hy na my in my geringheid omgesien het. Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem, omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het. Heilig is sy Naam! Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat Hom eer.

Oordenking

Hierdie gesinsbesoek was nie soos enige familiebesoek in die geskiedenis nie. Kan jy die gesprek tussen Maria en Elisabet voorstel oor hul wonderbaarlike swangerskappe? Elisabet het aan Maria gesê dat diegene wat glo dat die Here sy beloftes sal nakom, geseënd is.

Maria het beslis geglo en is met soveel ontsag oorkom dat sy in lofprysing uitgebreek het. Sy het nie geweet dat sy in 'n stal sou geboorte gee nie of van 'n koning sou ontsnap wat haar baba wou doodmaak nie. Sy was onbewus van die harde pad wat haar seun sou wandel of die hartseer wat sy sou ervaar toe sy sien hoe Hy bespot, geslaan en doodgemaak word.

Sy het wel geweet dat sy gekies is om na die Seun van God om te sien en dat God elke belofte wat Hy aan haar gemaak het, sou nakom, insluitende dat Hy by haar sou wees en haar sou help.

Gebed

 Here, die manier waarop U alles in die geskiedenis saam laat werk het, sodat hierdie twee vroue die wonderwerk van hul swangerskappe sou ervaar, is ongelooflik. Help ons om te onthou dat U hand ook op ons lewens is en dat ons U onverdeelde aandag het. Help ons om vreugde te vind in alle omstandighede, want U is by ons.

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com