Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 24 VAN 29

Lees: Lukas 1:1-25

SOAP: Lukas 1:25

Die Here het dit vir my gedoen. Nou het Hy na my omgesien om my smaad onder die mense weg te neem. 

Oordenking

God het dit voorafbeskik dat daar een laaste profeet sou wees wat die koms van sy Seun sou aankondig. Soos Hy velemaal al in die verlede gedoen het, het God 'n paartjie gekies wat nie kinders kon hê nie en hulle 'n baba belowe. Hierdie baba sou opgroei en Johannes, die Doper wees, die man wat die mense van sy tyd sou voorberei op die koms van Jesus.

Kan jy jou Elisabet se vreugde voorstel? Nie net sou sy die baba hê wat sy al so lank voor gebid en na gehunker het nie; nie net het God haar smaad verwyder nie, maar hierdie kind sou opgroei om die Here te dien op 'n ongelooflike manier.

God is altyd besig om te werk op buitengewone maniere en Hy doen dit steeds vandag. Ons mag dit dalk nie altyd herken nie omdat ons so "in die oomblik leef" maar God maak vir ons beloftes in Sy Woord en Hy hou Sy beloftes. Hy kan ongelooflike dinge in ons lewens doen. Kom ons vertrou dat sy maniere die wonderlikste en beste is.

Gebed

Here, help ons om meer noukeurig na ons lewens te kyk en te sien hoe U daarin gewerk het en die beloftes wat U gehou het. Maak ons oë oop sodat ons nie blind is vir U goedheid nie.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com