Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 25 VAN 29

Lees: Lukas 1:26-38

SOAP: Lukas 1:31-33

“Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”

Oordenking

Toe dit uiteindelik tyd was vir God om die koms van die Messias aan te kondig, het Hy weer die onverwagse en buitengewone gekies. God het 'n engel na 'n jong, ongetroude meisie gestuur. Om net so 'n wese te sien, sal iemand bang maak, maar hierdie engel het vir haar gesê dat sy die moeder van die Verlosser van die mensdom sou wees. Nie net sou die Messias sy volk red nie, maar Hy sal ook regeer oor 'n koninkryk wat geen einde het nie.

Hoe moes Maria tog gevoel het! Dit is 'n wonderlike aankondiging en een wat ons nie verdien nie. God het ons lief met so 'n goddelike liefde dat Hy sy Seun na ons toe gestuur het sodat ons gered kan word. Toe oorspoel Hy ons met 'n oorvloed van genade.

Gebed

Here, U is goedheid en genade. U is vol barmhartigheid en vriendelikheid. Ons verdien nie alles wat U vir ons gedoen het nie, en tog het U in elk geval vir ons gesterf. Help ons om in ruil daarvoor diepe liefde en dankbaarheid te ervaar wat ons na gehoorsaamheid en goeie werke lei.

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com