Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 1 VAN 29

Welkom by ons Ewige Verbond studie.. Ons is dankbaar dat jy by ons aangesluit het! Dit is ons gebed dat hierdie studie jou verhouding met ons hemelse Vader sal versterk en jou geestelik sal laat groei. 

Hier by Love God Greatly Afrikaans, gebruik ons die SOAP-metode vir ons Bybelstudies. Die SOAP-metode maak dit vir jou moontlik om dieper te delf in die verse en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te S.O.A.P. en vir jouself te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd sal kry.

Wat beteken S.O.A.P.?

S– Die S staan vir Scripture - jy skryf die teksverse neer ... jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou sal openbaar in sy Woord deur net die tyd te neem om die verse neer te skryf!

O– Die O staan vir Observation - wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

A– Die A staan vir Application - dit is wanneer God se Woord persoonlik word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, toepas in my eie lewe? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek maak?

P– Die P staan vir Prayer. Bid God se woord terug na Hom. As Hy iets aan jou geopenbaar het gedurende hierdie tyd in sy Woord, bid daaroor. Bely as Hy vir jou op sonde in jou lewe gewys het.

 

Inleiding:

Dwarsdeur die Ou Testament het God baie verbonde met sy volk gesluit. Hy het 'n verbond met Noag gesluit waar Hy belowe dat Hy nooit weer die aarde deur vloedwaters sou vernietig nie. Hy het 'n verbond met Abraham gesluit waar Hy belowe om aan hom afstammelinge, grond en 'n toekomstige Messias te gee wat die wêreld van sonde sou red. Hy het 'n verbond met Israel gesluit, hulle as sy uitverkore volk gekies en sy Wet aan hulle gegee. Hy het 'n verbond met Dawid gesluit waarin Hy aan hom 'n koninkryk belowe wat vir ewig sou bestaan. Alhoewel God sulke mooi beloftes aan sy volk gemaak het, het hulle van Hom afgewyk. As gevolg hiervan het God belowe om aan sy volk 'n nuwe verbond te gee.

'n Verbond is meer as 'n belofte. Dit is 'n plegtige eed wat tussen twee partye afgelê word. In die antieke Nabye Ooste sou diegene wat die eed aflê, tussen die stukke geofferde diere deur loop. Hierdie gebruik was 'n simboliese herinnering aan wat met iemand sou gebeur wat die bepalings van die verbond verbreek het.

Toe God in Genesis 15 'n verbond met Abraham gesluit het, het Hy alleen tussen die diere wat Abraham geoffer het, deurgegaan. God het alleen die verantwoordelikheid aanvaar om die verbond met Abraham na te kom. Hy doen dieselfde vir ons.

In Christus is ons onder 'n nuwe verbond. Christus is gebreek vir ons sonde, Hy het die straf wat ons verdien het, op Hom geneem. Ons kan 'n onvoorwaardelike verbond met God sluit weens die offer van Christus. Ons enigste moontlike reaksie is geloof.

Christus is die vervulling van al God se verbonde. Sy geboorte het 'n nuwe era ingelei en ons 'n nuwe manier gegee om 'n verhouding met God te hê. Ons is nie langer gebonde aan die reëls en wette van die ou stelsel nie; ons het nou vryheid in Christus!

Jesus is die outeur van die volmaakte nuwe, ewige verbond. In Hom kom ons niks kort nie. Deur sy koms is ons vir ewig gevestig, en al die beloftes van God aan sy volk word in Christus vervul. Ons het die voorreg om aan hierdie kant van die geskiedenis te leef: ons wag nie meer op ons verlossing nie. Inteendeel, ons sien met groot verwagting uit na die dag waarop ons Messias sal terugkeer!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com