Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 5 VAN 29

Lees: Genesis 15:1-6; Galasiërs 3:15-18

SOAP: Genesis 15:6

Abram het toe in die Here geglo, en die Here het dit goedgevind dat Abram so volgens die wil van die Here gehandel het. 

Oordenking

Wat 'n ongelooflike verhaal. God gaan 'n nuwe nasie skep en Hy het Abram gekies om die vader van hierdie nasie te wees. Daar was net een probleem: Abram het geen kinders gehad nie en beide hy en sy vrou was ouer, so die moontlikheid vir hulle om kinders te kon hê, was baie klein. God was nie bekommerd of verras hierdeur nie. 

God se krag en getrouheid word bevestig deur die feit dat Hy Abram kies en hierdie man, wat geen kinders gehad het en wie se vrou nie kinders kon hê nie (dis hoe dit geblyk het), verander het in 'n nasie. Wat so ongelooflik is, is dat Abram God geglo het. Hy het nie geredeneer of getwyfel nie; hy het geglo. Deur hierdie nasie, sou die beloofde Messias kom en God sal mense van elke volk, taal en nasie in sy Koninkryk inbring. Wat 'n glorieryke dag sal dit nie wees nie. 

Gebed

Dankie Here dat U 'n God is wat wonderbaarlike dinge kan doen. Dankie dat u beloftes maak wat onmoontlik mag klink, maar vir U meer as moontlik is. Help ons om u beloftes te glo. Amen. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com