Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 6 VAN 29

Lees: Genesis 15:7-1; Hebreërs 11:8-10

SOAP: Hebreërs 11:9-10

Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, ‘n vreemdeling in ‘n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was, want hy het uitgesien na die stad wat vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is.

Oordenking

Alles in die Ou Testament het na die toekoms gewys wanneer Jesus op die toneel sou kom en sy volk van hulle sonde sou red. Vandat sonde die wêreld binnegekom het, was die wêreld in ‘n tipe advent seisoen, wagtend op die beloofde Een. Van die begin af het God noukeurig gebeure laat plaasvind en mense in beweging gebring wat sou uitloop op die koms van die Messias.

God het vir Abram gesê dat hy die vader van ‘n groot nasie sou wees. Hierdie volk het grond nodig gehad en daarom het God weer ‘n belofte aan Abram gemaak. Hy het belowe dat hy vir Abram en sy nageslag hul eie land sou gee. Om aan te toon hoe ernstig Hy was, het God dat Abram ‘n paar offerdiere in stukke laat kap en uitlê. God het tussen hierdie stukke beweeg as teken van ‘n bindende verbond met Abram en gesê: ‘As ek nie my belofte nakom nie, moet dit met my gebeur wat met daardie diere gebeur het.’

Ons weet dat God nie ‘n belofte kan breek nie. Sy Woord is soos yster wat nie gebreek kan word nie. Dit behoort ons soveel vertroosting te gee in ‘n wêreld vol verbreekte beloftes. Maak nie saak wat nie, God se Woord is altyd waar.

Gebed

Here, help ons om rus en vrede te vind in u standvastige Woord. U praat net die waarheid, U doen wat U sê, en U vervul elke belofte wat U maak. U liefde vir ons gaan ons verstand te bowe.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com