Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 7 VAN 29

Lees: Genesis 22:15-18; Efesiërs 1:3-14

SOAP: Efesiërs 1:11-12

Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit. 12 Daarom moet ons, die eerstes wat ons hoop op Christus gestel het, die grootheid van God prys. 

Oordenking

In Christus het ons alles. Ons voel miskien nie so as ons na ons omstandighede kyk nie, maar as ons ‘n tree terugstaan en kyk na wat regtig saak maak, sal ons sien dat ons in Christus alles het wat ons nodig het vir lewe en godsaligheid. Ons het nou alles wat ons nodig het in hierdie lewe, en ons het hoop op ‘n wonderlike erfenis in die toekoms.

Die lewe kan moeilik wees, maar dit is ook kort. Die ewigheid daarenteen is vir ewig. Die ewigheid is waar ons fokus moet wees. In Christus het ons ‘n erfenis wat die volgende insluit: die ewige lewe, volkome vryheid van sonde, konstante vreugde, oorweldigende vrede en tevredenheid, volmaakte gemeenskap met ander, en, die belangrikste, Christus self. Dit is gewaarborg omdat God dit aan ons belowe het en ons die Heilige Gees as seël gegee het. Hierdie seël kan nie verbreek word nie, en God kan nie op sy Woord teruggaan nie. Jou erfenis is veilig.

Gebed

Here, wanneer ons begin verstaan wat U alles vir ons gedoen het, alles wat U aan ons gegee het en alles wat U voorberei om ons in die toekoms te gee, moet ons met dankbaarheid en aanbidding vervul word. Help ons om u goedgunstigheid raak te sien en laat dit tot gevolg hê dat ons U meer liefhet.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com