Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 3 VAN 29

Lees: Genesis 9:1-11

SOAP: Genesis 9:11

Ek sal my verbond met julle hou: mens en dier sal nie weer deur vloedwaters uitgewis word nie. Daar sal nie weer 'n oorstroming wees wat die aarde sal oorweldig nie.

Oordenking

Dwarsdeur die Bybel het God 'n verbintenis met die mensdom gehad deur verbonde of beloftes. Ons sien die eerste verbond in Genesis 2, waar God 'n werkverbond opgestel het. As Adam en Eva God se wette onderhou, sou dit goed gaan met hulle, maar as hulle God se wette verbreek, sal dit nie so goed gaan met hulle nie. Ongelukkig het Adam en Eva hierdie werkverbond verbreek en dit het 'n verskeidenheid van verwoesting, verval en dood veroorsaak. 

Loof die Here dat Hy nie die verhaal hier laat eindig het nie! God het 'n nuwe verbond ingestel. Dit word die Genadeverbond genoem. In plaas daarvan om staat te maak op mense om God se wette te gehoorsaam, is hierdie nuwe belofte uitsluitlik afhanklik van God. 

Dwarsdeur die Ou Testament het God baie kleiner verbonde gevestig wat gewys het na hierdie Genadeverbond. Die belofte wat Hy aan Noag gemaak het was een van hierdie verbonde. Nadat die aarde deur 'n vloed verwoes is en net Noag en sy familie gespaar is, het God 'n pragtige en belangrike belofte aan Noag gemaak. God sou nooit weer die wêreld deur 'n wêreldwye vloed verwoes nie. Hy sal die natuur bewaar sodat die seisoene sal voortgaan (8:22) en mense sal floreer sodat die Verlosser van alles wat gebroke is, eendag sal kom en sy mense van sonde sal verlos. 

Gebed

Dankie Here dat U ons genadig is, ons wat nie in staat is om u bevele te onderhou soos dit onderhou moet word nie. Dankie dat U vir ons 'n Verlosser voorsien wat die wet vir ons onderhou het, ons van sonde verlos het en weer sal kom om sy koninkryk met ons te vestig. Dit is ware genade. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com