Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 21 VAN 29

Lees: Lukas 22:14-20; 1 Korintiërs 11:23-24

SOAP: 1 Korintiërs 11:25-26

Net so ook het Hy ná die maaltyd die beker geneem en gesê: Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseël is. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.  

Oordenking

Wanneer ons deel word van die nuwe verbond, verander dit ons harte. Ons kan saam met mense wat anders as ons is, leef en aanbid, omdat ons saam gered is deur Jesus.

'n Hart wat verander het, is baie kragtig, want dit styg uit bo mense se agtergrond, ervarings en kulture. Die nuwe verbond bring mense van alle nasies en tale saam want verlossing bring eenheid.

Hierdie is een van die redes waarom Jesus die Nagmaal ingestel het. Ons moet gereeld herinner word aan die opoffering wat Jesus gedoen het want dit is waar ons verlossing gevind word. In Jesus, en as gevolg van sy dood, kan ons een wees met mense vanuit alle vlakke van die samelewing.

Gebed 

Here, daar is so baie redes waarom ons ander moet liefhê. Versterk ons liefde vir alle mense en gee ons 'n spesiale liefde vir ander gelowiges, sodat ongeag van waar hulle kom of wat hulle lewensverhaal is, ons eenheid kan vind in U. 

Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com