Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 14 VAN 29

Lees: 2 Samuel 7:18-29; Openbaring 22:16

SOAP: 2 Samuel 7:28-29

“En nou, Here, U is God. U woorde sal bewaarheid word. U het hierdie goeie belofte aan u dienaar gemaak. Begin tog nou en seën die huis van u dienaar om vir altyd in u diens te wees! Here my God, U het gepraat en omdat U seën, is die koningshuis van u dienaar vir altyd geseën.”

Oordenking

Onthou jy die belofte wat God aan Abram gemaak het dat sy nageslag net soveel soos die sterre aan die hemel sou wees? Wel, God het sy belofte nagekom en Dawid het koning geword oor die nasie wat God uit een man gebou het. God het ook sy belofte nagekom dat daar eendag iemand sal wees wat op Dawid se troon sal sit en vir ewig sal regeer.

Met Kersfees vier ons die geboorte van hierdie afstammeling van Dawid. Jesus het Homself verneder, nie net om 'n mens te word nie, maar ook om 'n man te word wat tot die koninklike geslag van Dawid behoort. Hy is die Een wat vir ewig op die troon sit en oor alle dinge regeer. Eendag sal Hy alles nuut maak en almal wat in Hom glo, in sy koninkryk vestig. Jesus sal oor alles heers met wysheid, vrede, getrouheid en goedheid. 

Gebed

Here, U is nie net 'n God wat beloftes maak nie, maar wat dit ook nakom. Laat ons smag na u Woord sodat ons meer vertroud kan raak met al die beloftes wat U gemaak het, en help ons om te sien hoe U dit nakom. Amen.

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com