Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 18 VAN 29

Lees: Jeremia 31:31-37

SOAP: Jeremia 31:33

“Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.”

Oordenking

Gehoorsaamheid aan die wette van God was wat van die Israeliete vereis was om onder sy verbond te bly. Israel het redelik gou God se wette oortree. Dit het God glad nie verbaas nie. Dit was alles deel van sy verlossingsplan. Die wet was juis daar om te wys dat sonde so diep gesetel is dat niemand deur werke verlossing kan verdien nie. God vereis volmaaktheid en daar is nie ‘n enkele persoon wat dit op sy of haar eie kan regkry nie.

God het ‘n nuwe verbond belowe, een wat op geloof sal berus, nie op werke nie. In hierdie verbond sal God se wette op die harte van sy mense geskryf wees; Hy sal hulle gretig maak om dit te onderhou, en Hy sal ‘n oplossing bied vir diegene wat dit nie doen nie. Jeremia het nie baie besonderhede oor hierdie nuwe verbond ontvang nie, maar ons weet nou dat dit net moontlik is as gevolg van Jesus. 

Gebed

Dankie Here, dat U volkome in beheer is van alles. U het van die begin af geweet dat ons U sou faal, en tog het U nie moed opgegee met ons nie. Dankie dat U Jesus gestuur het om ons skuld aan U te betaal, om ons harte te verander en die nodige hulp te verleen. Laat die begeerte in ons toeneem om u goeie wette te onderhou.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com