Ewige VerbondVoorbeeld

Ewige Verbond

DAG 19 VAN 29

Lees: Hebreërs 8:6-13; 2 Korintiërs 3:4-6

SOAP: 2 Korintiërs 3:4-6

Ons sê dit omdat ons deur Christus ten volle op God vertrou. Uit onsself is ons nie in staat om iets te bedink asof dit uit onsself kom nie. Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend.

Oordenking

Die ou verbond het van die mense vereis om God se wet nougeset na te kom. Dit was 'n belofte wat tussen die mense en God aangegaan is. Omdat God se volk nie die wet kon onderhou nie, moes daar diereoffers gebring word as versoening vir sonde. God het geweet dat mense nie hulleself kon red deur gehoorsaamheid en werke nie, daarom het Hy ‘n nuwe verbond bekend gestel. . 

Die nuwe verbond is nie van mense afhanklik nie. Dit berus volkome op God. Hy sou die laaste priester stuur om eens en vir altyd die laaste offer uit te voer as versoening vir sy volk se sondes. Aangesien die nuwe verbond uitsluitlik op Jesus berus, is dit ‘n beter verbond. Dit gaan nou net oor genade. 

Gebed

Here, ons vra U om ons te help om in verwondering te wees oor hierdie nuwe verbond wat U met u mense aangegaan het, en wat ons insluit. Help ons om te begryp hoe diep ons verdorwenheid gesetel is en dat ons sonder die werk van Jesus vir ewig verlore sou wees. Dankie dat U ons so liefhet dat U u Seun vir ons gestuur het. 

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Ewige Verbond

God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com