Ewige VerbondVoorbeeld
Lees: Romeine 7:6; Romeine 8:1-4
SOAP: Romeine 8:3-4
“Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het die sonde binne die sondige bestaan van die mens veroordeel deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur as ‘n offer vir die sonde. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.”
Oordenking
Baie mense hou nie van die wet nie; hulle wil doen wat hulle wil. Maar die wet is goed. Dit hou orde en aanspreeklikheid. God se wet is nog beter. Dit is goed omdat dit van God self af kom, en dit het ook drie hooffunksies. Eerstens wys dit ons hoe ons moet leef. Tweedens wys dit op hoe ons misluk omdat ons nie aan die verwagtinge kan voldoen nie. Derdens, omdat ons nie die wet perfek kan vervul nie, wys dit ons op Jesus.
Die swakpunt van die wet is dat dit ons nie kan red nie. Dit kan veroordeel, dit kan ons wys hoe ons moet leef, maar dit kan ons nie help as ons droogmaak nie. Dit is waarom Jesus gebore is, grootgeword het en as mens geleef het, sodat Hy in alle opsigte die wet vir ons volkome sou onderhou. Hy het gely en gesterf om die boete te betaal vir oortreders soos ek en jy. Jesus het vir ons gedoen wat die wet nie kan doen nie: om redding te bewerkstellig.
Gebed
Here, help ons om die wet lief te hê, want deur dit te onderhou eer ons U. Help ons om te onthou dat geen werke ons kan red nie. Ons is nie goed genoeg, sterk genoeg of slim genoeg om te leef volgens die standaard wat U waardig is nie. Dankie dat U Jesus gestuur het om die wet vir ons te vervul en ons te red van ons mislukkings. Gee ons 'n dankbare hart vir alles wat Jesus gedoen het. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://LoveGodGreatly.com