Die Hantering van VerdrietVoorbeeld

Handling Grief

DAG 2 VAN 10

Dis In Orde Om Vrae Te Hê

Jy het dalk ook verskeie vrae oor die dood of sterfte. Dis in orde om ongemaklik, hartseer of kwaad te voel as iemand sterf, en dis in orde om vrae te vra.

Marta en Maria het getreur. Hulle broer, Lasarus, was dood en hulle het hom vier dae gelede begrawe. Hulle het 'n boodskap na Jesus toe gestuur om Hom te vertel van sy siekte. Hulle het gehoop Hy sou Hom na hulle haas om te help. Hy kon sekerlik iets gedoen het. Maar dae het verby gegaan en Jesus het nie opgedaag nie, en nou was Lasarus dood en begrawe. Hulle en hul vriende het gerou. 

Toe Jesus hulle dus kom besoek nadat Lasarus reeds gesterf het, sê Marta vir Jesus: "As U hier was sou my broer nie gesterf het nie." 

Marta spreek haar woede oor haar broer se dood uit. Baie mense is soos Marta — hulle word kwaad as iemand na aan hulle sterf. Dis interessant dat Jesus nie met Marta gefrustreerd raak omdat sy kwaad is nie. Jesus verstaan dat dit vir ons menslik is om woede te ervaar as 'n geliefde sterf. God verstaan hoe ons voel.

Het jy al ooit "as" of "hoekom" vrae vir God gevra, soos: "Here, as U hier was sou my ma nie siek geraak het nie. Die ongeluk sou nie gebeur het as ... Hoekom het my geliefde gesterf? Hoekom is my man oorlede? Hoekom my vrou? Hoekom het tragedie ons getref? As ek my man vroeër hospitaal toe geneem het, sou hy nog geleef het? As ek beter na haar omgesien het, sou sy nog geleef het? Hoekom het God nie my gebede beantwoord nie? Waar was God toe dit gebeur het? Hoekom het God nie opgedaag nie?"

Vra maar die hoekom-vrae. Al weet jy dat dit iets is wat nie intellektueel sin maak nie. Al kry jy mediese redes of ander inligting wat die dood verduidelik, sal die antwoorde nog steeds nie bevredigend wees nie.

Maria het anders as Marta gereageer. Maria het baie gehuil. Sy was dalk ook kwaad, maar sy was meestal hartseer. Die Bybel sê dat Maria na Jesus toe gegaan, by sy voete neergeval en bitterlik gehuil het. Sy het nie haar trane teruggehou nie. Let op dat Jesus nie vir haar gesê het om op te hou huil nie. Jesus verstaan ons hartseer. Dit is menslik en normaal vir ons om hartseer te wees as 'n geliefde sterf.

Die dood kan ons baie emosies laat ervaar. Mense reageer verskillend op die dood. Deur middel van sy reaksie op sy treurende vriende, sê Jesus eintlik: "Dis reg so. Elkeen reageer anders." Jesus het nie Marta se woede of Maria se hartseer veroordeel nie. Jesus wil hê ons moet weet dat Hy altyd by ons is, ons vertroos en bemoedig wanneer ons rou.

Gaan bring dus tyd alleen saam met God deur en vra al jou vrae vir Hom. Hy verstaan. Wanneer jy besef dat jy nooit 'n bevredigende rede gaan vind nie, laat dan toe dat jou "hoekom" verander na "hoe". Hoe gaan ek vorentoe ná hierdie verlies?

Jy sal verbaas wees om te weet dat jy nie die enigste een is wat twyfel ervaar nie, en dat jy vry is om jou ware gevoelens teenoor God uit te spreek. Jy sal vertroos word in die wete dat Jesus saam met jou hartseer is. As jy ontdek hoe om sy innige omgee vir jou te ervaar, sal jy weet hoekom jou lyding eintlik beteken dat jou grootste impak en invloed vir God, reg voor jou oë is. 

Aanhaling: Geloof is doelbewuste vertroue in God se karakter, wie se weë jy dalk nie op daardie tydstip verstaan nie. — Oswald Chambers

Gebed: Here, ek is dankbaar dat U nie gefrustreerd is met my as ek soveel vrae vir U vra nie. Help my om rus in U te vind, met die wete, al kry ek nie al die antwoorde nie, is U steeds in beheer. Amen. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Handling Grief

Wanneer iemand vir wie ons lief is sterf, ervaar ons gewoonlik verskillende emosies. Leer in hierdie 10-dag oordenking hoe om verdriet te hanteer as ons geliefdes hierdie aarde verlaat. Die Here het hierdie lesse vir my begin leer nadat my vrou aan die einde van Junie 2021 oorlede is.

More

Ons wil graag Vijay Thangiah bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://www.facebook.com/ThangiahVijay