Daaglikse GedagteVoorbeeld

Daaglikse Gedagte

DAG 5 VAN 10

Psalm 86:5

"Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep."

- God is 'n goeie en getroue Vader.

- In sy goedheid is Hy altyd gereed om ons te vergewe.

- Met God in ons lewens kan ons oor begin met elke nuwe dag wat Hy ons gee.

- Daar is geen einde aan sy onfeilbare liefde vir jou nie en Hy sal jou help.

Gebed: Vader, U is waarlik my hemelse Vader en U was my hele lewe lank getrou en so goed vir my. Dus sal ek op u onfeilbare liefde wat altyd vir my beskikbaar is, staatmaak. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Daaglikse Gedagte

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More

Ons wil graag Alive to God! bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://alivetogod.com/subscribe