Daaglikse GedagteVoorbeeld

Daaglikse Gedagte

DAG 8 VAN 10

2 Korinthiërs 5:17

"Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword."

- Om aan die Here te behoort, beteken dat daar iets in ons verander het.

- Wanneer ons paaie kruis, bring die Here nuwe lewe in ons lewens.

- Hy wil nuwe lewe, nuwe hoop, nuwe vrede en nuwe vreugde in jou lewe bring.

- Los die oue en gryp die nuwe aan, wat God vir jou voorberei het.

Gebed: Vader, ek is verheug oor die wete dat U nuwe lewe in my lewe bring. Help my om die oue agter te laat en met vertroue alles te omhels wat U in my hart en my lewe doen. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Daaglikse Gedagte

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More

Ons wil graag Alive to God! bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://alivetogod.com/subscribe