Daaglikse GedagteVoorbeeld

Daaglikse Gedagte

DAG 7 VAN 10

2 Korinthiërs 6:2

"Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil."

- God se tydsberekening is altyd onberispelik, nooit te vroeg en nooit te laat nie.

- Op die regte oomblik tree Hy in en red en verlos ons.

- Miskien is hierdie oomblik die regte tyd vir jou?

- Mag hierdie nuwe dag en hierdie nuwe seisoen die nodige hulp vir jou bring.

Gebed: Vader, dankie dat U my geroep hoor en dat U presies weet hoe en wanneer om te help. Mag ek die geleenthede en die oop deure wat U oor my pad bring, herken en mag ek met vrymoedigheid en sonder vrees vorentoe tree. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Daaglikse Gedagte

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More

Ons wil graag Alive to God! bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://alivetogod.com/subscribe