Daaglikse GedagteVoorbeeld
Exodus 34:6
"… Here, Here, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;"
- Jou God het jou meer lief en gee meer vir jou om as wat jy besef.
- Sy hart is gevul met deernis en goedertierenheid teenoor jou.
- Die Here is nie kwaad vir jou nie, Hy kom met genade en guns na jou toe.
- Sy liefde en trou teenoor jou is oneindig en onuitputlik.
Gebed: Vader, dankie vir u volmaakte liefde en onbeperkte getrouheid wat U aan my bewys. Ek besef dat daar geen moeite is waarna U nie sou gaan om my te bereik en my te help nie. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
More
Ons wil graag Alive to God! bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://alivetogod.com/subscribe