Volkome OorgaweVoorbeeld

Volkome Oorgawe

DAG 17 VAN 43

Lees: 1 Samuel 1:1—2:11

SOAP: 1 Samuel 1:27–28

”Om hierdie seun het ek gebid, en die Here het aan my gegee wat ek van Hom afgesmeek het.Ja, van die Here het ek hierdie kind afgesmeek, en nou sal hy sy lewe lank iemand wees wat van die Here afgesmeek is.” Toe het hulle die Here daar aanbid.

Oordenking

Hanna was 'n vrou van groot geloof wat groot hartseer ervaar het, en ook groot guns van die Here. Hanna se man was baie lief vir haar, meer as vir sy ander vrou, Peninna. As gevolg van hierdie bevoordeling het Peninna alles gedoen wat sy kon om Hanna te verneder en het haar voortdurend herinner aan die een ding wat haar bo Hanna in hul familie en in hul gemeenskap gestel het: kinders.

Hanna was baie hartseer. Nog 'n jaar het verbygegaan en haar droom om kinders te hê was steeds nie verwesenlik nie. In plaas daarvan om haar hartseer in kos of drank te verdrink, in plaas daarvan om raad of oplossings by ander vroue te soek, of haar aandag af te lei met die feesaktiwiteite, het Hanna tyd in gebed deurgebring.

Soos sy gebid het, het Hanna God gevra vir die een ding wat haar hart die meeste begeer het. Sy kon God gevra het om Peninna se hart te verander of om haar van haar folteraar te red, maar dit was nie die begeerte van haar hart nie. Hanna was so desperaat vir 'n seun dat sy in huilende, stille, herhaalde gebed voor die Here sou gaan. Sy het vir 'n seun gevra en belowe om hom aan die Here op te dra.

God het haar desperate gebede gehoor en vir haar 'n seun gegee. 'n Seun wat God al die dae van sy lewe sou dien. ’n Seun wat sy net sou grootmaak totdat hy hoogstens vyf jaar oud was. 'n Seun genaamd Samuel wat 'n profeet en geestelike leier van Israel sou wees, wat Israel se eerste twee konings, Saul en Dawid, sou salf.

Wat vir Hanna onmoontlik gelyk het, was vir God moontlik (sy sou voortgaan om nog vyf kinders na Samuel te hê!). Hanna het so desperaat gebid dat die priester gedink het sy is dronk. Haar geloof is nie deur haar hartseer oorskadu nie. In geloof het Hanna God gevra vir die grootste begeerte van haar hart. In geloof het Hanna haar belofte nagekom om haar seun terug te gee om die Here te dien. In geloof het Hanna God geprys en aan Hom al die eer gegee.

In plaas daarvan om te fokus op hoe haar omstandighede verander het, het Hanna verklaar dat sy vreugde gevind het in die Here, in wie Hy is en wat Hy kon doen. Hanna het 'n loflied geskryf wat God se volk vir geslagte lank beïnvloed het. Is jy vinnig om lof te bring wanneer God doen wat onmoontlik lyk in jou lewe, soos Hanna gedoen het? Neem vandag tyd om God te onthou en te loof vir sy getrouheid, ongeag hoe jou omstandighede mag lyk.

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Volkome Oorgawe

Hoekom is my lewe nog so vol pyn en onsekerheid alhoewel ek ‘n volgeling van Jesus is? In hierdie ses weke lange studie gaan ons baie van die bekendste verhale van vroue in die Bybel verken en wanneer ons op ‘n nuwe manier na hulle lewens kyk, gaan ons ‘n dieper waardering ontwikkel vir die pad wat hulle geloop het.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

Verwante Leesplanne