Volkome OorgaweVoorbeeld

Volkome Oorgawe

DAG 43 VAN 43

Oordenkingsvrae:

  1. Sifra en Pua het God meer gevrees as wat hulle die koning van Egipte gevrees het. Watter les kan ons by hierdie dapper vroue leer? Wat was die gevolg van hulle gehoorsaamheid?
  2. Lidia het nie geskroom om die kerk te dien nadat sy gered is nie. Hoe het haar gasvryheid die vroeë kerk geseën? Watter voorbeeld het sy aan diegene rondom haar gestel?
  3. Maria Magdalena het aan die dissipels verkondig wat sy gesien het; ons opgestane Here. Waarom is dit belangrik om aan ander te vertel van die ongelooflike werk wat ons gesien het Jesus in ons lewens, sowel as die lewens van ander, doen?
  4. Loïs en Eunice was 'n ouma en ‘n ma wat 'n groot impak op die volgende geslag gehad het toe hulle hul geloof aan Timoteus oorgedra het. Waarom is dit belangrik om doelbewus ons geloof aan die volgende geslag oor te dra?
  5. Waarom is dit belangrik om ons lewens op Jesus te fokus? Hoe beïnvloed hierdie enkele eenvoudige keuse alle fasette van ons lewens?
Dag 42

Aangaande hierdie leesplan

Volkome Oorgawe

Hoekom is my lewe nog so vol pyn en onsekerheid alhoewel ek ‘n volgeling van Jesus is? In hierdie ses weke lange studie gaan ons baie van die bekendste verhale van vroue in die Bybel verken en wanneer ons op ‘n nuwe manier na hulle lewens kyk, gaan ons ‘n dieper waardering ontwikkel vir die pad wat hulle geloop het.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/