Volkome OorgaweVoorbeeld

Volkome Oorgawe

DAG 35 VAN 43

Lees: Lukas 10:38–42; Johannes 11:1–44; 12:1–11

SOAP: Johannes 12:3

Toe het Maria 'n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog. Die hele huis is deurtrek met die geur van die reukolie.

Oordenking

Terwyl Marta die fisieke werk gedoen het om Jesus in hulle huis te verwelkom, het Maria stil gesit en luister na sy onderrig. Toe Jesus gekom het nadat hulle broer Lasarus gesterf het, het Marta haar gehaas om Hom te ontmoet, selfs nog voordat Hy by die dorp aangekom het. Maria het eers in die huis gebly, maar het Hom later op dieselfde plek gaan ontmoet, gereageer op sy roepstem en voor sy voete gekniel. Toe Jesus tydens ete omring was deur mans wat groot wonderwerke aanskou het – insluitende Lasarus – het Maria haar weer aan die voete van Jesus bevind.

Wanneer dit by ons geloof kom, is die mees geskikte gesindheid, in alle omstandighede, een van nederigheid en onderdanigheid aan Jesus. Wanneer ons by Hom wil leer en Hom liefhet, sit ons aan sy voete. Wanneer ons in ons diepste hartseer Jesus se naam wil aanroep, val ons voor sy voete neer en wanneer ons Jesus met ons allerbeste wil eer, buig ons laag en lê ons offers voor sy voete neer.

Soos die weduwee wat die twee klein munte gegee het en vir haar vrygewigheid geprys is, het Maria Jesus met ‘n buitensporige offerande gesalf. Toe Johannes geskryf het dat die hele huis gevul was met die geur, het vroeë lesers dalk daardie gedeelte verbind met ‘n bekende gesegde uit die Ou Testament wat beskryf hoe offers wat aan God gemaak is, vir Hom ‘n “aangename geur” was (Levitikus 1:9; 2:2; 3:5). Die soet geur het die kamer gevul en almal wat teenwoordig was, bewus gemaak van die daad van aanbidding en toewyding wat Maria aan haar Here gegee het. Die verhaal van haar offerande sou meegedeel word waar ook al die verhaal van Jesus vertel word.

Maria was ‘n vrou wat volkome aan Jesus oorgegee was. Sy was absoluut oortuig in haar benadering, het getrou gebly aan wie God haar geskep het om te wees en het toegelaat dat haar liefde en geloof haar lewe definieer, en nie haar reputasie of prestasies nie.

Is jy ‘n vrou wat aan die voete van Jesus sit? Waar het jy prestasies nagejaag wanneer God jou teenwoordigheid gevra het? Is daar ‘n area van jou lewe wat jy van Jesus af teruggehou het?

Hy nooi jou uit om jou heel beste by sy voete uit te stort! Mag ons soos Maria vroue word wat aan die voete van Jesus leef en nederig voor Hom is in alle omstandighede en seisoene.

Dag 34Dag 36

Aangaande hierdie leesplan

Volkome Oorgawe

Hoekom is my lewe nog so vol pyn en onsekerheid alhoewel ek ‘n volgeling van Jesus is? In hierdie ses weke lange studie gaan ons baie van die bekendste verhale van vroue in die Bybel verken en wanneer ons op ‘n nuwe manier na hulle lewens kyk, gaan ons ‘n dieper waardering ontwikkel vir die pad wat hulle geloop het.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/