Volkome OorgaweVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
- Mirjam het die Israelitiese vroue met sang gelei en God geprys vir die wonderwerk wat Hy in Eksodus 15 gedoen het. Wat kan ons uit haar voorbeeld leer? Hoekom is dit belangrik om God te loof?
- Alhoewel Lea gevoel het dat haar man haar nie liefhet nie, sien ons hoe sy God prys omdat Hy haar met kinders geseën het. Wat leer hierdie verhaal ons oor Lea en haar verhouding met God?
- Die vroue van die stad het God se hand in Naomi en Rut se lewens herken. Hoe kan ons lewens ander aanspoor om God te loof? Wat het veroorsaak dat hierdie vroue God loof?
- Debora het God te midde van ‘n geveg geprys. Waarom is dit vir ons belangrik om dit ook te doen? Waarom is dit belangrik om te onthou hoe God namens ons geveg het? Wat kan ons uit Debora se voorbeeld leer?
- Baie mense loof God met hulle woorde, maar Maria van Betanië het God geprys deur haar dade. Hoekom dink jy het haar optrede harder "gepraat" as enige woorde wat sy kon sê?
Aangaande hierdie leesplan
Hoekom is my lewe nog so vol pyn en onsekerheid alhoewel ek ‘n volgeling van Jesus is? In hierdie ses weke lange studie gaan ons baie van die bekendste verhale van vroue in die Bybel verken en wanneer ons op ‘n nuwe manier na hulle lewens kyk, gaan ons ‘n dieper waardering ontwikkel vir die pad wat hulle geloop het.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/