Volkome OorgaweVoorbeeld

Volkome Oorgawe

DAG 40 VAN 43

Lees: Johannes 20:1-18

SOAP: Johannes 20:18

Maria Magdalena het toe vir die dissipels gaan sê: “Ek het die Here gesien!” En sy het ook vertel wat Hy vir haar gesê het.

Oordenking

Maria Magdalena was een van die vroue wat by Jesus se kruisiging teenwoordig was. Hierdie Maria kom in al vier Evangelies voor en haar eerste opgetekende ontmoeting met Jesus vind plaas toe Hy en die dissipels deur dorpe en klein nedersettings gereis het en die Goeie Nuus van die koninkryk van God verkondig het. Toe Maria Jesus ontmoet het, is Maria van sewe bose geeste verlos (Lukas 8:2). Na hierdie ontmoeting was Maria deel van ’n groep vroue wat hul hulpbronne gebruik het om Jesus en sy bediening te ondersteun.

Maria was lief vir Jesus, maar in haar grootste hartseer moes sy veg vir haar geloof. Sy het gesien hoe haar Here geslaan, gekruisig en begrawe is. Sy en verskeie ander vroue het by Jesus gebly toe selfs die dissipels weggegaan het. Hulle het sy dood aanskou en gekyk hoe sy liggaam voorberei en in ’n graf neergelê is.

As gevolg van Maria se toewyding aan Jesus, was sy in die perfekte posisie om onder die eerstes te wees wat ontdek het dat Hy nie meer in die graf was nie. Die dood kon Hom nie vashou nie! Nadat Maria vir Petrus en Johannes na die leë graf gebring het, het sy daar gebly nadat die twee dissipels na hul huise teruggekeer het. Dit was toe dat Jesus aan haar verskyn en haar by die naam geroep het. Hy het haar aangesê om vir die ander te gaan vertel. Maria was die eerste getuie van die opgestane Verlosser, die eerste wat die volheid van die evangeliese verhaal aanskou het.

Maria het tyd saam met Jesus deurgebring terwyl Hy gereis, bedien en wonderwerke verrig het. Sy het sy dood betreur. Toe Jesus ná sy opstanding in die tuin met haar gepraat het, het sy sy stem geken. Sy het by sy voete gesit en luister hoe Hy onderrig. Vir Maria was Jesus nie een of ander beroemde persoon waarvan sy gehoor het, maar nog nooit ontmoet het nie. Jesus was haar Here, die een wat haar lewe wonderbaarlik verander het. Hy was haar herder, en sy, as sy skaap, het sy stem geken (Johannes 10:27). Toe Hy haar naam noem, het sy Hom herken. Sy het uitgegaan en die opgestane Verlosser verkondig. Sy was die eerste persoon wat die wêreld van sy opstanding vertel het!

In ’n samelewing wat nie ’n vrou se getuienis as geloofwaardig of betroubaar beskou het nie, het Jesus ’n vrou gekies om die een te wees om die Goeie Nuus van sy opstanding met sy dissipels moes gaan deel. Jesus het Maria gekies – en Maria het gehoorsaam. Maria het in geloof die opgestane Here verkondig. Jesus het gedoen wat Hy gesê het Hy sou doen!

Maria se nalatenskap is ons nalatenskap. As gelowiges in Christus moet ons ook die opgestane Here verkondig! Ons kan, soos Maria, ’n nalatenskap nalaat deur voortdurend sy lewe, dood en opstanding aan die wêreld te verkondig.

Dag 39Dag 41

Aangaande hierdie leesplan

Volkome Oorgawe

Hoekom is my lewe nog so vol pyn en onsekerheid alhoewel ek ‘n volgeling van Jesus is? In hierdie ses weke lange studie gaan ons baie van die bekendste verhale van vroue in die Bybel verken en wanneer ons op ‘n nuwe manier na hulle lewens kyk, gaan ons ‘n dieper waardering ontwikkel vir die pad wat hulle geloop het.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/