Volkome OorgaweVoorbeeld

Volkome Oorgawe

DAG 42 VAN 43

Lees: Spreuke 31

SOAP: Spreuke 31:28-30

Haar kinders prys haar,

haar man bewonder haar:

“Daar is baie knap vrouens,

maar jy oortref hulle almal!”

Uiterlike skoonheid hou nie,

’n mooi voorkoms is nie alles nie;

as sy die Here dien,

dán verdien 'n vrou om geprys te word.

Oordenking

Ons het baie tyd spandeer om vroue te bestudeer wie se lewens volkome aan die Here oorgegee is. Wanneer ons nou ons studie afsluit, sal ons die soort karakter sien wat ontwikkel word deur en teenwoordig is in ’n vrou met groot geloof.

Geleerdes glo dat hierdie gedig in Spreuke as ’n opsomming dien van die temas van wysheid wat deur die vorige 30 hoofstukke gedeel is. Hierdie spreuk is bedoel om ’n verpersoonliking van die deugde van wysheid te wees. In die Antieke Nabye Ooste was die verpersoonliking van wysheid algemeen, en wysheid is dikwels vergoddelik. Hierdie Bybelse verslag bied egter ’n alternatiewe begrip van wysheid: dit kom slegs van God af, en wysheid is waardeloos sonder God. Alhoewel hierdie gedig vir ons belangrike pitkos bied, is dit nie bedoel om ’n idealistiese uitbeelding van ’n godvrugtige vrou en haar gedrag te wees nie, maar ’n manier om te beskryf hoe goddelike wysheid ’n voordeel vir die individu, die gesin en die gemeenskap is.

Aan die begin van die boek Spreuke lees ons dat “kennis begin met die dien van die Here” (1:7). Net so is vrees vir die Here die fondament waarop hierdie vrou van edele karakter haar wysheid gebou het. Dit is deur geloof en wysheid dat ons die deugde en krag ontwikkel wat nodig is om die dinge te doen wat in hierdie gedig uiteengesit word. Dit is uit ons liefde vir God en geloof in Hom dat ons in staat is om te kan werk om ons gesinne en gemeenskappe te seën.

Soos ons in wysheid groei en ons verhouding met die Here verdiep, kan ons onderskei tussen die misleidings, leuens en teleurstellings van die wêreld. In plaas daarvan kan ons fokus op die hemelse dinge van ware, blywende waarde, soos wysheid en die vrees van die Here. Wanneer ons fokus daarop om God te eer en 'n karakter soos Christus te ontwikkel, kan ons die werk wat voor ons is met vreugde doen.

Wanneer ons harte in lyn is met Jesus, sal ons diegene in ons gemeenskappe sien wat ons kan dien. Met wysheid kan ons die harde werk doen wat nodig is om voor te berei vir watter seisoene, uitdagings of onsekerhede ook al oor ons pad kom soos ons in ons geloof groei. En wanneer ons dít wat ons geleer het aan die volgende geslag oordra, met liefde en wysheid onderrig en leiding gee, sal hulle die nalatenskap van geloof en volkome oorgawe voortsit.

Dag 41Dag 43

Aangaande hierdie leesplan

Volkome Oorgawe

Hoekom is my lewe nog so vol pyn en onsekerheid alhoewel ek ‘n volgeling van Jesus is? In hierdie ses weke lange studie gaan ons baie van die bekendste verhale van vroue in die Bybel verken en wanneer ons op ‘n nuwe manier na hulle lewens kyk, gaan ons ‘n dieper waardering ontwikkel vir die pad wat hulle geloop het.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/