Volkome OorgaweVoorbeeld

Lees: Eksodus 1:1–21
SOAP: Eksodus 1:17, 21
Maar die vroedvroue het God gedien en nie gemaak soos die Egiptiese koning hulle beveel het nie:hulle het die seuntjies laat lewe.
Omdat hulle Hom gedien het, het Hy vir hulle huisgesinne gegee.
Oordenking
Sifra en Pua was Hebreeuse vroedvroue tydens die ballingskap van Israel in Egipte. Die Farao is bedreig deur die groeiende Hebreeuse bevolking, en toe moeiliker werksomstandighede en verhoogde eise die mense net versterk het, het hy ‘n baie erger aanslag gevolg. Hy het vir Sifra en Pua opdrag gegee om al die babaseuntjies dood te maak net nadat die Hebreeuse vroue aan hulle geboorte gegee het.
Hierdie merkwaardige vroedvroue het die Here meer gevrees as wat hulle die Farao gevrees het. Hulle het die seuns laat lewe en aan Farao verduidelik dat die Hebreeuse vroue sterker as Egiptiese vroue was en hul babas gehad het voordat die vroedvroue aangekom het.
Sifra en Pua het nie geweet dat een van die seuns wat in daardie tyd gebore is die einste man sou wees wat God sou gebruik om sy volk te bevry nie. Hulle het nie geweet die redding van hul mense sou deur een van die seuns wat hulle gered het kom nie. Trouens, om teen Farao te gaan kon tot ernstige gevolge gelei het. Hierdie vroue het egter met integriteit, lojaliteit en liefde vir die Here opgetree. Hulle het gedoen wat reg was, want dit was die regte ding om te doen.
Omdat Sifra en Pua die besluit geneem het om die Hebreeuse seuns te laat lewe, is Moses gebore. Moses is deur sy ma weggesteek, deur die prinses gevind, in die paleis grootgemaak, ‘n vlugteling gemaak en toe deur God geroep om sy volk te bevry. Deur hierdie man het God die Israeliete uit ballingskap gelei na die land wat God belowe het om aan hulle te gee.
God het Sifra en Pua geseën, hulle begunstig en aan hulle elkeen ‘n huisgesin van hulle eie gegee omdat hulle Hom gevrees en aan Hom gehoorsaam was. Hulle het geen idee gehad dat hul dade van gehoorsaamheid ‘n beduidende rol sou speel in God se plan om sy volk te red, te bevry en te verlos nie.
Wanneer ons volkome oorgegee aan die Here leef, laat ons ‘n erfenis van geloof na wat geslagte beïnvloed. Wanneer die besluite wat ons elke dag neem, die klein dade van gehoorsaamheid, die groot stappe van geloof en alles tussenin, tot eer van God gedoen word, sal dit sy koninkryk beїnvloed op maniere wat ons nooit kan verwag of aan kan dink nie. Mag ons vroue wees wat getrou is in ons alledaagse besluite en God vertrou met watter uitkoms Hy ook al beplan het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoekom is my lewe nog so vol pyn en onsekerheid alhoewel ek ‘n volgeling van Jesus is? In hierdie ses weke lange studie gaan ons baie van die bekendste verhale van vroue in die Bybel verken en wanneer ons op ‘n nuwe manier na hulle lewens kyk, gaan ons ‘n dieper waardering ontwikkel vir die pad wat hulle geloop het.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/