Volkome OorgaweVoorbeeld
Lees: Rigters 4:1—5:9
SOAP: Rigters 5:3, 9
Luister, konings,
gee aandag, regeerders!
Ek sing tot eer van die Here,
ek prys die Here die God van Israel met my lied.
Ek staan by die leiers van Israel,
by dié wat hulle vrywillig aangemeld het.
Julle moet die Here prys!
Oordenking
Debora was 'n gerespekteerde leier, regter en profetes in Israel wat duidelik verstaan het wat God aan die gang gesit het. ’n Vyand het teen Israel opgestaan, en Debora het geweet wat gedoen moes word om die geveg te wen. Sonder om te huiwer het Debora vir Barak opdrag gegee om 'n leër te neem en teen die vyand te gaan veg. God sou seker maak dat Sisera, die generaal van die vyand se leër, en sy manne op die regte plek, op die regte tyd sou wees, en God sou Barak die oorwinning gee. Sisera se leër was egter magtig, en Barak wou nie in die geveg in gaan tensy Debora, God se aangewese leier van Israel op daardie stadium, saam met hom gegaan het nie. Die oorwinning in die stryd sou altyd God s'n wees, maar die eer wat sy mense verdien het, was afhanklik van hul geloof. Barak sou nie die onderskeiding verdien om die man te wees wat Sisera verslaan het nie. Daardie eer sou nou aan 'n vrou met die naam Jael behoort, 'n vrou wie se man van God se volk af weggetrek het. ’n Vrou wat, met krag van liggaam en karakter, die gereedskap wat sy byderhand gehad het, sou gebruik om saam met Israel te staan en haar deel te doen om God se plan te vervul. Nadat die geveg gewen is, het Debora en Barak 'n lied aan God gesing ter lofprysing vir sy oorwinning. God het hulle gelei en van hulle vyande gered. Hy alleen het die stryd gewen, en Hy het groot lof van sy volk ontvang.
Wanneer ons oorwinning of sukses ervaar, aan wie gee ons die eer en lof? Sien ons onsself as die hoofkarakter in die verhaal, die held wat seëvier?
Debora het gedien, geoordeel en gelei soos die Here beveel het. En toe die oorwinning behaal is, het sy God alleen geprys vir die oorwinning wat Hy aan sy volk gegee het. Hy alleen het die eer ontvang.Niks – nie ons rolle, ons omstandighede, ons huiwering of ons vermoë – sal in God se pad staan in die stryd nie. Wanneer daardie dag van oorwinning aanbreek, kan ons God heelhartig liefhê deur Hom te loof vir alles wat Hy gedoen het en Hom al die eer gee.
Aangaande hierdie leesplan
Hoekom is my lewe nog so vol pyn en onsekerheid alhoewel ek ‘n volgeling van Jesus is? In hierdie ses weke lange studie gaan ons baie van die bekendste verhale van vroue in die Bybel verken en wanneer ons op ‘n nuwe manier na hulle lewens kyk, gaan ons ‘n dieper waardering ontwikkel vir die pad wat hulle geloop het.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/