Volkome OorgaweVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
- Wat leer Maria se reaksie in Lukas 1 ons oor haar? Hoe sou jy gereageer het as jy in haar skoene was?
- Wat het vir jou die meeste uitgestaan in Abigajil se reaksie op Dawid? Hoe dink jy het haar nederigheid en moed Dawid se reaksie op haar en haar gesin beïnvloed?
- Ester het voor 'n moeilike besluit te staan gekom: waag haar lewe, of die lewens van haar mense. Hoe openbaar haar optrede in Ester 4 haar bron van krag? Wat kan jy uit haar voorbeeld leer?
- Moses se ma was met 'n moeilike besluit gekonfronteer. Watter rol het oorgawe en opoffering gespeel in haar vasberadenheid om haar seun te red? Wat openbaar dit oor haar geloof?
- Die arm weduwee in Markus 12 het alles gegee wat sy gehad het. Waarom het haar opoffering so baie beteken? Wat het haar vrygewigheid oor haar hart en haar geloof in God geopenbaar?
Aangaande hierdie leesplan
Hoekom is my lewe nog so vol pyn en onsekerheid alhoewel ek ‘n volgeling van Jesus is? In hierdie ses weke lange studie gaan ons baie van die bekendste verhale van vroue in die Bybel verken en wanneer ons op ‘n nuwe manier na hulle lewens kyk, gaan ons ‘n dieper waardering ontwikkel vir die pad wat hulle geloop het.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/