Volkome OorgaweVoorbeeld

Volkome Oorgawe

DAG 32 VAN 43

Lees: Genesis 29:31–35; 30:9–21

SOAP: Genesis 29:35

Sy het nog 'n keer swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring. Sy het gesê: “Hierdie keer prys ek die Here.” Daarom het sy die seun Juda genoem. Daarna het sy vir eers nie weer kinders gehad nie.

Oordenking

Lea was ongeliefd en onbegeerd. Haar man, Jakob, is mislei om met haar te trou voordat hy met haar suster, Ragel, kon trou. Daar word beskryf dat Lea sagte oë het, terwyl Ragel, haar jonger suster, as beeldskoon beskryf word. Ragel se naam in Hebreeus beteken "ooilam" terwyl Lea s'n "koei" beteken. Ragel was Jakob se eerste keuse, terwyl Lea geensins sy keuse was nie. Later, toe Jakob sy broer Esau met 400 man op pad sien kom, het hy vir Lea en haar kinders agter hom geplaas en vir Ragel en haar kinders agter Lea. Ragel se sorg en beskerming was vir Jakob altyd belangriker as die sorg en beskerming van Lea. Deur dit alles het God 'n plan en 'n doel met Lea se lewe gehad. Alhoewel Lea se man haar nie liefgehad het nie, was sy diep geliefd deur God. Lea sou sewe kinders hê, meer as enige ander vrou in hierdie verhaal. Sy sou die moeder word van Levi, wie se nageslag die priesterdom in Israel sou word, en die moeder van Juda, wie se nageslag die konings van Israel en Juda sou word en die grootste koning, Jesus, ingesluit het. Lea is die moeder van die helfte van die volk Israel, en is selfs saam met Abraham, Sara, Isak, Rebekka en Jakob begrawe. Tog het sy nooit ontvang wat haar hart die meeste begeer het nie: die liefde van Jakob.

Selfs in haar hartseer het Lea God geprys. Al was haar aardse verhoudinge pynlik, het Lea voortgegaan om God te loof. Alhoewel Lea nooit die volheid van die belangrike rol wat sy in God se verhaal van verlossing gespeel het, sou sien nie, het sy aanhou veg vir liefde en geloof.Ten spyte van Lea se onveranderlike en moeilike huwelik situasie, het sy haar kinders na God se karakter vernoem, nie na haar eie omstandighede nie. Wanneer ons God nie in ons lewens kan sien werk nie, of wanneer die een ding wat ons harte begeer, nooit gebeur nie, kan ons God nog steeds loof vir wie Hy is? Kan ons gefokus bly op sy goedheid en getroue liefde in plaas daarvan om gefokus te bly op ons omstandighede?

God het 'n plan en 'n doel met jou lewe. Jy is geliefd en begeerd. Jy word beskerm en voor geveg. Jou daaglikse dade van geloof, gehoorsaamheid en lof word raakgesien. Die begeertes van jou hart is bekend. Alhoewel jou gebede dalk nie beantwoord word soos jy hoop nie, kan jy vol vertroue wees dat God vir jou is en jou gebed sal beantwoord op 'n manier wat die beste vir jou is en Hom eer bring.

Dag 31Dag 33

Aangaande hierdie leesplan

Volkome Oorgawe

Hoekom is my lewe nog so vol pyn en onsekerheid alhoewel ek ‘n volgeling van Jesus is? In hierdie ses weke lange studie gaan ons baie van die bekendste verhale van vroue in die Bybel verken en wanneer ons op ‘n nuwe manier na hulle lewens kyk, gaan ons ‘n dieper waardering ontwikkel vir die pad wat hulle geloop het.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/