Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 2 VAN 42

INLEIDING
Lees Psalm 46

BEREI JOU HART VOOR
Baie vrouens is ingeperk, afgestomp of selfs verlam deur vrees in hul Christelike wandel en in hul daaglikse lewes. Hulle word weerhou van die vreugde van die Here en die genot van om te lewe uit die doel wat God vir hulle het, en van om 'n oorwinnende Christelike lewe te leef vanwee vrees, angs en bekommernis. Hoe kan vrees jou weerhou om God te verheerlik en Hom elke dag te geniet?

Die gedagtes en vrese van ‘n paar gelowiges soos ek en jy is hieronder aangeteken. Lees hulle en weet dat jy nie alleen is in hierdie stryd nie. Vra die Here om die vrese wat verskuil is in jou hart, te ontbloot.

Ek is bang dat ek nie God se guns verdien nie oor die sonde van vandag … Ek is bekommerd dat Hy my op die harde manier ‘n les sal moet leer, omdat ek so hardkoppig is.

Ek is bang vir die gevolge van radikaal lewe, van volle oorgawe. Wat sal die mense dink, my vriende, my familie, my kinders en selfs ander Christene?

Self met alles wat ek van Hom en Sy liefde vir my weet, is ek nog steeds bang om te laat los en Hom te laat lei. Ek wag soms eers om te voel voor ek gehoorsaam, alhoewel gevoelens die resultaat van gehoorsaamheid is.

Ek vrees dit om betekenisloos te wees.

Ek is bang dat my doelwitte, hoop en drome nie in lyn is met God se planne vir my nie. Ek is bang dat, as ek Hom volg, ek na ‘n modderhut in Zimbabwe toe sal moet trek.

Ek is bang om teleurgestel te word. Ek is so baie keer deur my aardse ouers teleurgestel, dat dit moeilik is om te glo dat ek God kan vertrou.

My omstandighede is so my moeilik. Hy kan my nie liefhe of vir my werk nie, want ek het gebid en niks het verander nie. As Hy die mag het, hoekom gebruik Hy dit nie?

Ek vind dit moeilik om te glo dat die Bybel waar is, so ek kies en keur wat ek gaan glo en doen; dan wonder ek hoekom dit nie vir my werk nie. Ek wil God glo en Sy Woord gehoorsaam, maar ek doen dit nie eintlik nie, so ek doen dit op my manier, en dit nie werk vir my nie … dus blameer ek Hom.

Ek is bang dat, as ek ten volle oorgee aan God, sal ek iemand word wat ek nie herken of selfs van hou nie.

FOKUS DIE OË VAN JOU HART
Wat vrees jy? Sluit af in gebed met Psalm 46.

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/