Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 42 VAN 42

WEEK 6: DEEL JOU GELOOF OP ‘N VREESLOSE WYSE

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Psalm 42:5, 11; Psalm 43:5; en Psalm 78:7.

Oor die afgelope paar weke het jy jou vrese trotseer, jou sondes bely en geleer hoe om jou hoop in God te sit. Nou kan jy vorentoe beweeg in geloof en werklik vreesloos lewe! Nie deur jou eie kragte nie, maar deur God! Nie omrede jy als weet nie, maar omrede jy God ken wat wel. Hy hou rêrig die hele wêreld in Sy hande. Jy kan voortgaan met die wete dat Hy reeds voor jou daar was. Hy het jou geplaas presies waar Hy jou wil hê, jy is Sy ambassadeur tussen die mense in jou wêreld. Jy is ontwerp en gevorm om Sy uitverkore vaartuig onder hulle te wees! Gaan nou met selfvertroue en gehoorsaamheid en vertrou in Sy krag. Net soos Josua wat nie vertrou wat hy gesien nie, maar op wat Sy God vir hom gesê het: ‘Ek gee jou beheer oor Jerigo…’ Josua 6:2. Jy ken die afloop van die storie, die mure wat 12 voet breed was, het inmekaargestort.

As jy voel ‘n reuse ‘muur’ staan tussen jou en die persoon met wie jy die evangelie moet deel, onthou wie jou God is. Hy is die God van Abraham, Isak, Jakob en Josua!

Neem vandag stiltetye deur die dag. Dink na oor wat jy geleer het. Dink oor als wat jy gelees, gebid en geleer het. Lê als voor die Here, jouself, jou vrese, jou swakhede, jou besittings, jou toekoms, jou gawes, jou talente, jou posisie, jou plek en jou doel. Plaas dan al jou hoop in God! Gaan voort deur te glo en Hom te gehoorsaam en Hy sal dit doen! Hy sal jou vreesloos maak voor jou vyande! Hy sal Sy naam verheerlik! Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ‘n gawe van God. Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie, want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe” (Efesiërs 2:8-10).

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/