Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

WEEK 6: DEEL JOU GELOOF OP 'N VREESLOSE WYSE
DIE WATER VAN SY WOORD
Lees weer Efesiërs 2:1-10. Watter nuwe insig kry jy vandag terwyl jy lees?
WANDEL IN WAARHEID
Ons is gered deur genade. Ons het hoegenaamd geen bydrae gelewer tot ons verlossing nie. Sonder God se hulp sou ons nie eens weet dat ons verlossing nodig het nie. Van wat in die wêreld het ons redding nodig? Net God kan ons oë oopmaak vir ons eie ellendigheid! Ons is gered deur Hom, deur Sy genade, vir Sy doel!
Dink hoe God jou kan gebruik om hierdie waarhede met ander te deel. Begin ‘n gesprek met die mense wat God vandag op jou pad plaas. Vra hulle hoe hulle dag sover is? Luister aandagtig. God sal heel moontlik ‘n geleentheid skep. Jy kan vra of daar enige iets is waarvoor jy vir hulle kan bid. Vra, Kan ek nou saam met jou bid? Vra dan of enige iemand al hulle geloof met hulle gedeel het.
FOKUS DIE OË VAN JOU HART
Soos jy die volgende kernverse deurlees, mediteer daaroor en probeer om die verse te memoriseer sodat die woorde in jou hart en denke kan spreek. Hoe meer ons sien wat God rêrig vir ons gedoen het, hoe meer sal ons dit met ander wil deel!
Geskep na die beeld van God
Genesis 1:27 – God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep; volgens sy eie beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy hulle geskep.
Sonde en die Dood
Romeine 5:12 – Toe Adam gesondig het, het sonde in die wêreld ingekom en deur Adam se sonde ook die dood. En so het die dood tot alle mense deurgedring, want almal het gesondig.
Vyande van God
Kolossense 1:21 – Eers was julle ook ver van God af. Met verkeerde dade het julle gewys dat julle Hom vyandiggesind is.
Hy het Sonde geword
2 Korintiërs 5:21 – God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons hegte verhouding met Christus, deur God vrygespreek kan word.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/