Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 40 VAN 42

WEEK 6: DEEL JOU GELOOF OP 'N VREESLOSE WYSE

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees vandag weer Efesiërs 2:1-10. Watter nuwe insig kry jy vandag terwyl jy lees? Jy is gered vir ‘n doel. Jy is Sy vakmanskap! Jy was eens op ‘n tyd dood, maar nou is jy lewendig! Vra die Here om jou te help om die evangelie daagliks vir jouself te preek. Vra Hom om jou dan daagliks te help om die evangelie uit te leef.

WANDEL IN WAARHEID
Hou aan om te dink en te bid oor hoe jy hierdie waarhede met ander kan deel. Wie het God in jou lewe geplaas? Maak ‘n lys van die mense wat jy op ‘n daaglikse basis in aanraking kom. Begin om God te vra om geleenthede vir jou te gee om ‘Jesus’ vir hulle te wees.

FOKUS DIE OË VAN JOU HART
Dink na oor die volgende verse en probeer om hulle te memoriseer saam met die van gister, sodat jy dit in jou hart en gedagtes kan spreek en die evangelie boodskap met ander kan deel!

Bely en Verkondig
Romeine 10:9-10 - Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely word ons verlos.

Leef op ‘n Eerbare Wyse
Kolossense 1:10 – Ons bid ook dat julle leefstyl tot eer van die Here sal wees om Hom te behaag deurdat julle lewe vol goeie werke sal wees en dat julle God al hoe beter sal leer ken.

Gaan en Maak Dissipels
Matteus 28:19-20 – Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het.

Die Ewigheid saam met God
Johannes 3:16 - God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/