Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 41 VAN 42

WEEK 6: DEEL JOU GELOOF OP 'N VREESLOSE WYSE

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees vandag weer Efesiërs 2:1-10.

WANDEL IN WAARHEID
Spandeer vandag tyd om jou gebede neer te skryf vir die mense wie die Here in jou lewe geplaas het. Skryf kort bondige gebede sodat jy dit maklik elke week kan bid. Bid ook vir geleenthede om die evangelie te deel met mense wat jy nie ken nie. Vra die Here om jou te help om jou geloof uit te leef op 'n vreeslose, getroue, vry en geurige wyse! Vra Hom om jou te help om 'n geurige, aangename parfuum vir almal rondom jou te wees. Wees lief vir die Here en geniet Hom, saam kan jy Hom lewend maak in die wat Hom nog nie ken nie!

FOKUS DIE OË VAN JOU HART
Hoeveel van die kernverse van die afgelope 3 dae het jy gememoriseer (of kan jy memoriseer)? Jy kan aanhou om jou geloof getrou en vreesloos uit te oefen! Hoeveel lewens kan beïnvloed word deur een veranderde lewe?

Geskep na die beeld van God - Genesis 1:27
Sonde en die Dood - Romeine 5:12
Vyande van God - Kolossense 1:21
Hy het Sonde geword - 2 Korintiërs 5:21
Bely en Verkondig - Romeine 10:9-10
Leef of 'n Eerbare Wyse - Kolossense 1:10
Gaan en Maak Dissipels - Matteus 28:19-20
Die Ewigheid met God - Johannes 3:16

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/