Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 38 VAN 42

WEEK 6: DEEL JOU GELOOF OP 'N VREESLOSE WYSE

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Genesis 1:26-28 en Genesis 3.

God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep (Genesis 1:27). Maar sonde het in die wêreld ingekom. Wat is die voorwaarde nou? Lees Efesiërs 2:1-10. Wat leer jy van die verse?

WANDEL IN WAARHEID
Ons was dood in sonde! Ons het eens op 'n tyd die prins met die krag van lug gevolg, die Duiwel! Satan! Ons was eens slawe van die gees wat nou in die seuns van ongehoorsaamheid werk. Ons het gelewe volgens die wellus van ons vlees, om ons eie begeertes te bevredig. Ons was kinders van toorn. Maar God was ons genadig. Bid dat God jou sal help om te sien soos Hy sien. Vra dat Hy jou sal help om dit waarlik te glo. Ons gedagtes is verwronge deur ons sonde. Ons denkwyse is korrup. Ons vind dit moeilik om te sien wat God vir ons gedoen het en daarom is dit moeilik om dit met ander te deel! O Here help ons! Help ons om te SIEN! Help ons om te deel!

FOKUS DIE OË VAN JOU HART
Lees die volgende kernverse vir vandag. Bêre dit in jou hart, mediteer daaroor en maak dit jou gebed regdeur die dag.
Genesis 1:27 – God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep; volgens sy eie beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy hulle geskep.

Romeine 5:12 – Toe Adam gesondig het, het sonde in die wêreld ingekom en deur Adam se sonde ook die dood. En so het die dood tot alle mense deurgedring, want almal het gesondig.

2 Korintiërs 5:21 - God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons hegte verhouding met Christus, deur God vrygespreek kan word.

Galasiërs 2:20 - Ek is saam met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Chirstus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf.

1 Petrus 1:3-4 – Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus! Want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. God het inderdaad ‘n kosbare erfporsie vir sy kinders. Hierdie erfposie kan nie tot niet gaan of besmet word of verwelk nie; God hou dit veilig by Hom.

Sluit vandag af met ‘n gebed deur 1 Petrus 1:6-9 te lees.

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/