Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 35 VAN 42

WEEK 5: VREES GOD

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Psalm 19 en Psalm 29. Wat leer jy omtrent God en Sy krag, Sy wee, en Sy woord uit hierdie psalms?

WANDEL IN WAARHEID
Het vandag se psalms jou gehelp om te kom tot 'n beter begrip van wie God is? Een van die grootste waarhede wat ons vir onsself kan se, dag in en dag uit, is dat God God is en ons is dit nie. Hy is Koning, Hy is Here! Hy het gesit as KONING tydens die vloed! Niemand kan Sy hand stuit nie. Niemand kan aangeraak word tensy God dit toelaat nie. Hy is God en Hy is goed, die hele tyd. Sy doelwitte en Sy karakter is volmaak en heilig en regverdig en reg.

FOKUS DIE OË VAN JOU HART
Herhaal sag vandag se fokusverse vir jouself. Bêre dit in jou hart, mediteer daaroor en maak dit jou gebed deur die dag.

Galasiers 2:20
Ek is met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Chirstus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur geloof in die Seun van God, wat my liefgehad het en Homself vir my gegee het.

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/