Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 7 VAN 42

Week1: Die Wind en die Golwe

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Matteus 14:22-33

Lees weer verse 28-33. Die dissipels se oë word ge-open op 'n heel nuwe manier. Wat sien hulle, dink jy? Wat sien jy?

Nadat Jesus en Petrus terug was in die skuit, het die wind bedaar. As ons in die middel van 'n storm is kan dit voel asof alles buite beheer is, maar ons weet God se Woord sê God is Here van alles en Here van die ganse skepping. Hy is Here oor die wind en die golwe. Hy regeer! Oor almal! Oor alles! Jy kan rus in Sy liefde, Sy sorg, Sy beskerming en Sy mag te midde van 'n gurende storm! Lewe jy ooreenstemmend?

WANDEL IN WAARHEID
Glo jy dat Jesus die Seun van God is? As Hy God is en Here van alles, dien jy Hom asof hy Here van alles is? Lees Mark12:28-37 en deurdink dit. Is Jesus werklik jou Here?

Hoe antwoord Jesus die skrifgeleerdes se vraag oor watter die heel grootste gebod is? Kan jy sê dat dit vir jou geld? Is dit waar van jou lewenswyse? Ons dade se meer oor ons geloof as ons woorde. Vra die Here vandag wanneer jy bid om dit so te maak in jou lewe.

FOKUS DIE Oë VAN JOU HART
Herhaal saggies vandag se fokusgedeelte vir jouself. Bere dit in jou hart, oordink dit en maak dit jou gebed deur die dag.

Mattheus 14:31-33
Dadelik het Jesus Sy Hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesë:"Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?" Daarop het hulle in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê:"U is waarlik die Seun van God."

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/