Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 11 VAN 42

WEEK 2: HERE, IS U IN DIE STORM?

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Prediker 7:13-14, Jesaja 45:7, 1 Johannes 1:5 en Psalm 5: 4.
Onthou wat jy leer omtrent God wat oor alles is.

WANDEL IN WAARHEID
God is God in elke opsig. Ons kan Hom vertrou, Sy karakter, en wat Hy toelaat te ALLE tye: In Hom het ons 'n erfdeel ontvang, nadat ons vantevore daartoe verordineer is, ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van Sy wil (Efesiërs 1:11). Ek het Bruce Ware eenkkeer hoor sê dat God beide goed en sleg ten volle beheer, tog is God ten volle goed en in geen opsig sleg nie. Terwyl jy die Skrifgedeeltes wat jy gelees het vandag deurdink, lees Job 1:6-12. Bid dan en neem alles wat jy gelees het in gebed na God.

FOKUS DIE OË VAN JOU HART
Sê vandag se fokusvers sag op vir jouself. Bêre dit in jou hart, mediteer daaroor en maak dit jou gebed deur die dag.

Deuteronomium 32:39
Besef dit tog: Ek, Ek is die Here! Naas My is daar geen ander God nie. Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond. Uit my mag word niemand bevry nie.

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/