Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 14 VAN 42

WEEK 2: HERE, IS U IN DIE STORM?

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Genesis 45:4-8 en Eksodus 4:10-12.

Wat vertel Josef vir sy broers? Wat leer jy as jy luister na God se gesprek met Moses? Wat moet jy vir jouself sê?

WANDEL IN WAARHEID
Wat is jou lewensomstandighede huidiglik? Hoe het God jou tot by hierdie punt gebring? Wat gaan aan in jou lewe wat jy nie verstaan nie?

Het jy alles aan Hom toevertrou? Sal jy jou hele lewe voor die Here neerlê en alles aan Hom oorgee? Moenie staatmaak op jou eie perspektief nie. Moenie steun op jou eie insig nie, maar glo dat God alle dinge werk soos Hy Hom dit voorgeneem het (Efesiërs 1:11); dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat na Sy voorneme geroep is. (Romeine 8:28)

God kan enigiets en alles gebruik. Hy gebruik alles ten goede, selfs ons sondes. Gelukkig is die uitkoms van ons lewens nie van ons afhanklik nie. Wat 'n donker toekoms sou dit wees! God is in beheer, en Hy laat alles ten goede meewerk, selfs al voel dit nie sleg. Draai na God in gebed en vra Hom vir Sy hulp om dinge in Sy perspektief te sien. Vra hom vir die geloof om Hom te vertrou en nader te kom aan Hom, selfs wanneer Hy jou verwond.

FOKUS DIE OË VAN JOU HART
Herhaal sag vandag se fokusgedeelte vir jouself. Bêre dit in jou hart, mediteer daaroor en maak dit jou gebed deur die dag.

Deuteromomium 32:39
Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen God naas My is nie; Ek maak dood en Ek maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie.

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/