Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Week 3: O Here, ek is swak
DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Matteus 5:4 en Filippense 2:5-8.
Vra die Here om jou hart te ondersoek. Watter sonde moet jy voor Hom bely? Wat sien jy in jou menslike bestaan wat jou daarvan weerhou om deur die Gees in nederigheid te leef?
LEEF IN DIE WAARHEID
Dink na oor wat dit beteken om werklik berou te hê oor jou sonde. Vra God om jou die gawe te gee sodat jy jou sonde kan raaksien soos wat Hy jou sonde sien. Lees deur Openbaring 2-3. As jy nie nou 'n tydjie daarvoor kan afknyp nie, kan jy dalk later vandag daarna kyk. Dit is belangrik om die Here te vra om jou hart te ondersoek.
Wanneer ons harte vasklou aan ander dinge as die Here, is ons geneig om makliker bang te wees. Terwyl jy lees, vra God om jou hart te ondersoek en aan jou uit te wys waar jy dalk jou eerste liefde verloor het, waar jy aardse dinge meer lief het, waar daar twyfel in jou is, of waar jy aan valse voorwendsels vashou. Vra Hom vir die genade om jou help sodat jy insig sal hê in Sy besluite, om te bely en om jammer te wees oor jou verkeerde dade. Roep Hom aan in jou gebede en weet dat Hy jou hoor as jy huil.
RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit deel van jou gebede regdeur die dag.
Matteus 5:3-5
"Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang."

Aangaande hierdie leesplan

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/