Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 24 VAN 42

WEEK 4: REIS TEEN DIE BERG OP

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Deuteronomium 6:4-9 en Markus 12:29-3. Let op na die bevele in die teksverse.

LOOP IN DIE WAARHEID
Niemand is daartoe instaat om God lief te hé, sonder Sy hulp en genade nie. God is die skepper van ons harte, ons kan dus nie dié liefde van binne af self verwek nie. Die liefde vir God, is van God. Ons moet bely dat ons swak is en vra dat Hy ond hartsversugtinge in ons skep. Vra die Here om Sy liefde aan jou te gee. Vra Hom om dit moontlik te maak dat jy Hom liefhet met jou hele hart, siel, verstand en met al jou krag! En om andere lief te hê! "O Here, gee aan my 'n hart wat verlang na U en 'n hart om andere te dien!"

FOKUD DIE Oë VAN JOU HART
Dra vandag se kernversie stilletjies aan jouself voor. Bewaar hulle in jou hart, bepeins hulle en maak hulle jou gebed deur die dag.

Deteronomium 6:4-6
Hoor, O Israel: Die Here ons God is een. Hê Die Here jou God lief met jou hele hart en met jou hele verstand en met al jou krag. En hierdie gebooie wat ek jou vandag gee sal op jou hart bly.

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/