Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 25 VAN 42

WEEK 4: BERG OP

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Matt 26:41 en Hebr 12:12-13

Dink oor die redes waarom jy sukkel om tyd alleen met God te spandeer. Bid: Here ek het U hulp nodig. Gee my die behoefte om die tyd wat nodig is met U te spandeer. Help Here!

WANDEL IN DIE WAARHEID
Wat as jy tyd alleen met God die Allerhoogste, jou Maker en Skepper van die heelal, kon spandeer? Wat as jy by Hom kon sit en gesels gedurende jou een-tot-een tye elke dag? Hoeveel sou ons verander as ons dit ter harte neem en optree daarvolgens? O Here, ons is so swak U is net hier maar ons sien U nie Elke oggend kan ons tyd met Jesus spandeer en van Hom leer. Help ons dat ons oë sal hê wat sien! Help ons om ore te hê wat hoor! Here, help ons.

Hoe moeilik is dit om hierdie geskenk wat jy gekry het te onthou? Bely jou vergeetagtigheid en stiksiendenheid Vra Hom om jou te help om die meeste te maak van wat Hy jou gegee het. Vra Hom om jou te help jou een-tot-een-tyd met Hom te spandeer. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie. So sal jou lewe ook nooit weer dieselfde wees nie.

RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit deel van jou gebede regdeur die dag.

Deuteronomium 6: 4-6:
Hoor, Israel, die Here ons God, die Here is een. Jy sal die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet julle op jul harte dra.

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/