Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 28 VAN 42

WEEK 4: KLIM DIE BERG

DIE WATER VAN SY WOORD
LEES MATTHEUS 6: 7-13.

Bid die Onse Vader gebed en terwyl jy bid, dink aan wat jy die laaste paar weke geleer het. Wat het die Here aan jou openbaar in Sy Woord? Wat wys Hy aan jou?

WANDEL IN WAARHEID
Waar is jou Vader? Leef jy asof Hy jou Vader is? Jou geliefde? Jou ALLES in ALLES, wie se Naam verhoog en geeer moet word bo alles? Hoe dikwels wil mense naam maak vir hulleself? Van wie se koninkryk moet ons deel wees? Wie se wil moet ons doen gedurende die dag, ons s`n of God s`n? Wat moet jy aanpas om hierdie gebed eerlik te bid? Lees of sê die Here se gebed hardop.

FOKUS DIE Oë VAN JOU HART
Herhaal sag vandag se fokusverse vir jouself. Bêre dit in jou hart, mediteer daaroor en maak dit jou gebed en maak dit jou gebed deur die dag.

Deutoronomium 6: 4-6
Hoor, o Israel: Die Here ons God, die Here is een. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat Ek jou vandag beveel moet in jou hart wees.

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/