Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 33 VAN 42

Week 5: Vrees God

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Josua 4:19-24.

Watter groot dade het die Here voor jou oe gedoen? Watter groot dade het Hy in Sy Woord opgeteken? Dink aan drie voorbeelde uit jou lewe en, as jy God se Woord ken, dink ook aan drie groot dade van God opgeteken in die Bybel.

WANDEL IN WAARHEID
Wat moet jy doen om jou te help om die groot en magtige dade van die Here te onthou? Toe hy Goliat tegemoet gegaan het, het Dawid onthou hoe God vir Hom geveg het teen die leeu en die beer. Dis goed om groot oorwinnings saam met God op te teken en hulle op die een of ander manier te versinnebeeld. Skryf hulle op jou hart en skryf dit miskien later in jou Bybel. Miskien kan jy 'n foto raam wat jou herinner aan hoe God kragtig om jou onthalwe beweeg het in die verlede. Wees baie doelbewus. Deel hierdie dade by 'n gesinsete of oor middagete met 'n vriendin. Hou 'n deurlopende aantekening in jou hart en gedagte. Deel en onthou hierdie gebeure dikwels.

FOKUS DIE OË VAN JOU HART
Herhaal sag vandag se fokusverse vir jouself. Bêre dit in jou hart, mediteer daaroor en maak dit jou gebed deur die dag.

Galasiers 2:20
Ek is met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Chirstus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur geloof in die Seun van God, wat my liefgehad en Homself vir my gegee het.

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/