Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 29 VAN 42

WEEK 4: GAAN OP MET DIE BERG

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees vandag weer Matteus 6:7-13.

Bid weer hierdie gebed en probeer dit steeds beter verstaan. Vra die Here om jou te help sodat jy vir Sy Koninkryk, Sy wil en Sy naam kan leef.

BESIN:
Dink terug oor die afgelope paar dae. Wat moet jy aan die Here voorhou in jou gebede? Vra die Here om vandag met jou te praat en jou voor te berei vir jou tyd saam met Hom môre.

RIG JOU HART
Oordink dit biddend en herhaal dan Deuteronomium 6:4-6 vir jouself.

Deuteronomium 6:4-6
“Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly.”

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/