Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

WEEK 4: KLIM DIE BERG
DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Nehemia 1:4-11 en Nehemia 9:5-38.
Terwyl jy bid, sal Nehemia se gebed vir jouself bid, jou gesin, jou kerk, jou stad, en al die gelowiges in jou volk? Watter gedagtes kom by jou op terwyl jy bid?
WANDEL IN WAARHEID
Dink ... staan stil en dink. Vra, Wandel ek in die waarheid? Leef ek die waarheid? Is Waarheid my Here, of is dit gevoel? Gaan ek my gevoelens glo, steun op my eie insig, of gaan ek God en Sy Woord glo? Kies dan vir julle vandag wie julle wil dien (Josua 24:15).
Neem 'n oomblik om na te dink oor wat jy geleer en oordink het die afgelope paar weke. Hoe sal jy met 'n heilige vrees vir die Here leef? Waarom is dit so 'n seen om jou eie swakheid te ken? Wat beteken dit om in waarheid te wandel, om op te gaan die berg uit? Hoe kan al hierdie dinge jou help om in geloof te leef wanneer jy vrees in die gesig staar? Vra die Here om aan te hou om jou groter begrip te gee tydens die volgende paar weke. Wat wil Hy hê moet jy doen met dit wat jy geleer het? Wat moet verander in die manier waarop jy dink, optree en jou weeklikse skedule beplan? Is daar 'n Skriffie waaraan Hy wil he jy groot waarde moet heg? Hoe kan jy dit prakties doen? Bring dit alles voor die Here in gebed.
FOKUS DIE OE VAN JOU HART
Se Deuternomium 6:4-6 uit jou kop op.
Deutoronomium 6: 4-6
Hoor, o Israel: Die Here ons God, die Here is een. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat Ek jou vandag beveel moet in jou hart wees.
Aangaande hierdie leesplan

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/




